
BIETJIE MEER OOR
Willie Joubert

Hy kan skryf, hy kan sing en hy kan bedien. Hy is Willie Joubert en hy het sopas sy splinternuwe CD, Jy is Vry, die lig laat sien. Jy is Vry, getuig van God se krag, Sy grootheid en almag. Met 14 oorspronlike liedere uit Willie se pen, ervaar ‘n mens regtig God se hart in elke lied.
Willie se vorige CD, God van Wonders, het platinum status bereik het en daarmee het hy ook ‘n SAMA toekenning verower. Een van vele toekennings wat hy deur die jare ontvang het. Dit is die getuienis van mense dat elke CD wat Willie vrystel, hulle lewens verryk en inspireer. Sy liedere is nie net liedere nie, maar het regtig bedieningswaarde wat lewens verander.
Aan God al die eer, is die hartklop van Willie se bediening en sy loopbaan. Hy is al 30 jaar voltyds in ‘n geestelike musiekbediening, nadat hy bekend geword het met die immergroen treffer uit sy pen, die Nagmaalslied.
Willie is ook betrokke by die baie gewilde groep, Manne wat Glo, saam met Jan de Wet, Leon Fereira en Rudi Muller. Hulle derde CD, Manne wat Go 3, is sopas uitgereik.
Willie is getroud met die sangeres en motiveringspreker, Natasha. Ons dien ‘n God wat lewe, hulle gospel duet CD, is ‘n verlengstuk van hulle bediening saam asook vele projekte wat hulle al saam as man en vrou aangepak het.
Buiten Willie se CD vrystellingskonserte, kerkdienste en optredes by feeste, manne geleenthede, Mighty Men Konverensies en vele liefdadigheids-uitreike, tree Willie en Natasha ook by geleentheid saam op. Hulle het ‘n besondere kersfees opvoering asook ‘n produksie genaamd Liefdesduet by Kerslig, waarmee hulle huwelikke inspireer.
Willie se bedieningstyl vind aanklank by verkillende gemeentes en geloofsbelewenisse. Hy bring ook ‘n kragtige boodskap met behulp van sy musiek wanneer hy by kerke bedien. Om Willie te sien optree en die passie te beleef waarmee hy bedien, is beslis ‘n onvergeetlike ervaring.
Willie glo dat sy musiek die voertuig is om te doen wat hy die graagste wil doen, om Jesus Christus te verkondig aan almal met wie hy paaie kruis.

