


BIETJIE MEER OOR
Willie Joubert

Willie is sedert 1989 in 'n voltydse musiekloopbaan, waar hy met sy eie oorspronklike Musiek en fluweel stem diep spore getrap het in die Afrikaanse musiek bedryf.
Hy kan skryf, hy kan sing en hy kan bedien.
Willie se bedieningstyl vind aanklank by verskillende gemeentes en geloofsbelewenisse. Hy bring ook 'n kragtige boodskap met behulp van sy musiek wanneer hy by kerke bedien.
Willie se CD, God van Wonders, het platinum status bereik en daarmee het hy ook ‘n SAMA toekenning verower. Een van vele toekennings wat hy deur die jare ontvang het. Sy nuutste CD vrystelling is Hy Sal Jou Nooit Verlaat Nie. Dit is die getuienis van mense dat elke CD wat Willie vrystel, hulle lewens verryk en inspireer. Sy liedere is nie net liedere nie, maar het regtig bedieningswaarde wat lewens verander.
Aan God al die eer, is die hartklop van Willie se bediening en sy loopbaan. Hy is al meer as 30 jaar voltyds in ‘n geestelike musiekbediening, nadat hy bekend geword het met die immergroen treffer uit sy pen, die Nagmaalslied.
Willie is ook betrokke by die baie gewilde groep, Manne wat Glo, saam met Jan de Wet, Leon Ferreira en Rudi Muller. Hulle derde CD, Manne wat Glo 3, is uitgereik.
Willie glo dat sy musiek die voertuig is om te doen wat hy die graagste wil doen, om Jesus Christus te verkondig aan almal met wie hy paaie kruis.
Om Willie te sien optree en die passie te beleef waarmee hy bedien, is beslis 'n onvergeetlike ervaring.